Spreuke 31 vers 10 NLV: Waar sal jy 'n knap vrou kry? 'n Goeie vrou is meer werd as edelstene.

Ons droom: Hernu jou passie vir God!
Onthou jy toe jy verlief was? Het jy onlangs 'n verliefde tiener met 'n selfoon beleef? Daar is geen manier waarop hul enige whatsapp - veral nie die vanaf 'n spesiale persoon - sommer sal ignoreer nie. Nee, dadelik moet hul sien wat gestuur of gesê word. Het ek en jy nog daardie amper vurige verwagting om te hoor wat God sê en op Sy stem te reageer? Daarom ons droom: mag ons in elke aktiwiteit of saamwees weer ons passie vir God hernu.

Wie is ons?

Ons is vroue vanuit die gemeente
Voorsitter: Dossie Nortje
Onder-Voorsitter: Roenel van Rooyen
Finansies: Marlene Postma
Sekretaresse: Anita Esterhuizen
Ander lede: alle gemeentevroue
Wat doen ons?

Ons ondersteun die volgende instansies finansieel en met raad en daad: Louisa Meyburgh, MTR Smit Kinderoord en Quad Huis. Ons reik uit en bedien ons bejaardes. Ons reël vrouekampe en retraites.
Hoe kan jy by ons inskakel?

Ons gemeentevroue is geseën met vele talente en gawes en ek vertrou dat jy jou gawe wil kom aanwend tot eer van God. Skakel gerus enige bestuurslid en kom leef jou roeping uit!

Kontak gerus vir Dossie Nortje
082 957 6084

Wil jy saam kom groei en dien? Word deel van ons aktiwiteite! Bid en besluit waar jy betrokke wil raak.
Indien jy nog voorstelle het - kontak ons gerus.

Maandag 18de Maart 2024 - Lepeltjie aand


† Na bo †
© 2009-2024 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.